Lyfbranderry (Engels: bodysurfing) is die kuns en sport om branders te ry sonder die benutting van toerusting soos 'n branderplank of lyfplank. Lyfbranderryers sal normaalweg slegs swemvinne gebruik om hulself in die water mee voort te stu. Sommige beoefenaars van die sport sal ook 'n klein bordjie in hul hand gebruik om oor die water te skeer en te help met posisionering op die oppervlak van die brander. Hierdie toerusting help ook om ekstra spoed op die brander te genereer. Gevorderde lyfbranderryers voer dikwels ook toertjies op die branders uit.[1]